22 FEBRUARIE 2025
Boeredag Kuiertent
DEEL IN DIE PRET
Rouxville Boeredag het meer as 'n dekade terug ontstaan met 'n baie nederige idee om iets te skep vir Rouxville se gemeenskap. In die begin was daar ongeveer 80 besoekers. Met die sukses van die eerste jaar se Boeredag is besluit om in jaar twee 'n vertoning met 'n bekende gaskunstenaar by te las. Die potensiaal is raak gesien en dit was die begin van iets heelwat groter.
Rouxville Boeredag is 'n fees vir oud & jonk. Die hoogtepunt elke jaar is die aand se vertoning met bekende kunstenaars wat optree. Die kuiertent bied lafenis tydens die dag se gebeure terwyl lewendige musiek vermaak aangebied word. Gedurende die dag is daar 'n program vol aktiwiteite wat onder meer 'n kudde uistalling, damesprogram met interessante aanbiedings, kinder speelgrond, toutrek en 'n sterkman kompetisie insluit. Daar is kosstalletjies te kies en keur asook stalletjies met geskenke tot plaastoerusting. Kom kyk self en deel in die gees van die fees!
AKTIWITEITE
'n Verskeidenheid van aktiwiteite vind deur die loop van die dag plaas. Hou die Rouxville Boeredag Amptelik facebook blad dop vir meer inligting rakende program tye en besonderhede.
AAND
VERTONING
DAMES
PROGRAM
FIETSRIT & PRETDRAF
STOETVEE
UITSTALLING
STERKMAN
HINDERNISBAAN
PENSTEEK
KINDERTUIN
'COLOUR RUN'
TOUTREK
VEEPOS